Al-Fatiha

الْفَاتِحَة
  Soera 1 van die Koran  
Klassifikasie Mekkaans
In Arabies Al-Fâtiha
Transliterasie Al-Fatiha, Al-Fatiga
In Afrikaans "Die Aanhef"
Deel 1
Ajat 7

Al-Fâtiha (Arabies: الْفَاتِحَة, "Die Aanhef") is die 1ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat sewe ajat, of verse, wat 'n gebed vir leiding en genade is.[1]

Al-Fatiha word opgesê in Moslemse verpligte en vrywillige gebede, bekend as salaah.

Moslems beskou nie die opskrifte van die Koran se hoofstukke as deel van die goddelike openbaring nie.[2] Die primêre letterlike betekenis van die uitdrukking "Al-Fatiha"[3] is "Die Aanhef", wat kan verwys na die soera as die eerste hoofstuk van die Koran, die eerste hoofstuk wat ten volle opgesê word in elke rakah van salaah, of as opening in baie funksies in die Islamitiese lewe.

Sommige Moslems vertolk dit as 'n geïmpliseerde vermoë van die soera om 'n persoon ontvanklik te maak vir geloof in God.


Opskrifte van Al-Fatiha en hoofstuk 2, Al-Baqara. Uit die Koran van Ibn al-Bawwab. Bagdad. Chester Beatty-biblioteek.
  1. Maududi, Sayyid Abul Ala. Tafhim Al Quran. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2013. Besoek op 17 Junie 2013.
  2. Nevin Reda Geargiveer 14 Augustus 2020 op Wayback Machine, Introduction to the Quran in Three Testaments: Torah, Gospel and Quran (Plymouth: Rowman and Littlefield, 2012)
  3. Sheikh, Irfan. "Ala Hazrat Fatiha Ka Tarika In Hindi Mein फातिहा का तरीका हिंदी". Irfani-Islam - इस्लाम की पूरी मालूमात हिन्दी. Besoek op 16 Februarie 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search